Skakel 079 893 9968 tydens beurtkrag
DIE Oudtshoorn Polisiekantoor in Baron van Reedestraat (044 203 900) ondervind probleme tydens beurtkrag. Elke keer na beurtkrag moet Telkom uitgeroep word om die skakelbord weer ope- rasioneel te kry. Kontak die Polisie in sulke gevalle by 079 893 9968.
Ander polisiekantore in Oudtshoorn asook die 10111-nommer word nie hierdeur geraak nie. Onthou egter net dat die 10111-nommer slegs van landlyne geskakel moet word, en die noodnommer 112 van selfone af.
Die nommers van Oudtshoorn se ander polisiekantore is: Bridgton SAPS – 044 274 4413; speurders – 044 274 4400; Bongolethu SAPS – 044 274 4800; Honde-eenheid – 044 274 4900; skofbevelvoerder – 079 893 9968.
Die selfoonnommers van patrollievoertuie in die onderskeie gebiede is: Sektor 1 Bongolethu en Toekomsrus – 082 444 3760;
Sektor 2 Bridgton – 082 522 1928; Sektor 3 Dorp (allle gebiede met Bongulethu en Bridgton uitgesluit) – 082 522 3226; Sektor 4 Plase (alle gebiede buite die dorp) – 082 379 1707.