De Rusters maak kortfliek

Lanie-Marié Roets en Marnus Barnard in aksie tydens die verfilming van Lemoenbloeisel. Foto verskaf

’N GROEPIE De Rusters het onlangs die verfilming van ’n kortfliek in die omgewing voltooi.

Die fliek, Lemoenbloeisel, gaan volgende jaar op 4 Mei in De Rust vertoon word.

Intussen word reeds beplan aan ’n tweede, Engelse, kortfliek wat aan die begin van die jaar in De Rust geskiet sal word en ook later in die jaar ’n derde een.

Ben Pretorius, die vervaardiger, nooi alle belangstellende akteurs van die omgewing om hom te e-pos met ’n kort CV en ’n foto of twee wat hy in ’n databasis kan hou.

Geen formele ondervinding is nodig nie en oud en jonk en mense uit alle gemeenskappe is wel-kom. Vir die Engelse kortfliek is hy spesifiek op soek na iemand wat ’n welsprekende 40- tot 60-jarige dokter kan speel.

Daarby soek hy ook mense wat deel van die produksiespan wil wees – grimering, hare, klere asook klank en beligting.

Daar is geen vergoeding betrokke nie – bloot die pret om deel te wees van iets heel uniek. Elke fliek word in sowat vier dae klaar geskiet en almal is nie die hele tyd op stel nodig nie.

Indien jy belangstel, kontak Pretorius by benderust@gmail.com