DAAR was die week verwarring oor die tyd en plek van ’n konsert van Steve Hofmeyr die Saterdag op Oudtshoorn.
Die konsert sou aanvanklik om 16:00 op die Rec begin het, maar is verskuif na die saal van die Hoërskool Oudtshoorn en begin nou later.
Stalletjies by die skool open om 17:00, en ’n voorprogram met Steffie le Roux, Theunis en Julia om 18:00.
Hofmeyr tree na hulle op.
Kaartjies (R100) is te koop by die skool of Computicket. VIP-kaartjies kos R150 en sluit foto’s en ’n ontmoeting met Hofmeyr in.