So trots op ons dorp. Daar word mos net negatiewe bydraes gelewer. Strate- en stormwater-afdeling, die verfspan – waar was julle? So bly om te sien julle maak ons dorp weer mooi. Puik diens en dan nog opofferings ook, om julle vroegoggend besig te sien. Ons dorp salute you all.
*****

Slangkoning Mornay maak weer so! Baie dankie, Mornay, vir jou geduld en mooi wyse waarop jy die geel kobra gevang het by Villa Fontes 3 en 4. Jou wyse manier en hantering was baie professioneel. Judy Bezuidenhout
*****
Weer eens baie dankie aan al die hordes blankes wat Saterdag na ons vetplanttuin in die “lokasie” kom kyk het. Ons waardeer dit baie. En aan die organiseerders van die Tuine vir Diere, dankie aan julle ook vir die blootstelling. Jakob en Maria Konstabel
*****
Baie dankie aan Sylvester le Roux en die dame wat saam met hom was, wat my Maandagaand gehelp het. Checkers kan en moet trots wees op julle. Mev Liebenberg
*****
Die appèlhof se uitspraak oor die NVG en Zuma se saak wys dat die NVG nie objektief en onafhanklik is nie. Die NVG in die geheel moet ondersoek word.
*****

“Woonstelblokke” van vinke in die Klein Karoo op 15 Oktober 2017. GJ
*****