DOWWE DOLLA het besluit om 15 lesers van Die Hoorn vanjaar vir oulaas met gratis kaartjies vir haar vertoning by die KKNK te bederf.
Ja, Dowwe Dolla het op 18 Januarie aangekondig dat sy op 31 Desember vanjaar haar stiletto’s gaan ophang en haar lollie op Gumtree gaan verkoop.
Deur ’n vraag korrek te beant-woord, staan lesers van Die Hoorn die kans om een van die 15 wenners te wees wat Dowwe Dolla in Nou of Nooit, haar laaste KKNK-vertoning, sal sien.
In Nou of Nooit is die kalf in die put, Cyril is in die middel, maar Ace is nog in die kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is ’n hamper met Blitz en charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Deedee (Dowe Dolla) kom vir ’n lang kuier …wat alles beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!
Sy bring ’n pianis, Coenraad Rall, saam vir haar vertoning, ’n komedie-kabaret, met die rolle van Dolla en Ouma Dowe Dolla wat steeds deur Margit Meyer-Rödenbeck vertolk word. Die teks en regie word deur Jurgen Human behartig.
Nou of Nooit (geen o.16 as gevolg van taal) is in die kykNET Hoër-skoolsaal op die planke op 26 Maart om 14:00, 27 Maart om 16:30 en 28 Maart om 14:00. Doen besprekings by Shoprite, Checkers en Computicket.
Maak so om ’n dubbelkaartjie te wen:
Antwoord die volgende vraag en SMS of whatsapp die antwoord na 0732177089 voor 11:00 op Maandag 9 Maart: Wat gaan Dowwe Dolla met haar skoene doen op 31 Desember vanjaar?
ONTHOU om jou naam en van by te voeg asook watter een van die drie vertonings jy graag wil bywoon! Slegs een inskrywing per persoon.
Inskrywings kan ook in ’n houer by PostNet geplaas word.
’n Gelukkige trekking uit die korrekte antwoorde sal gedoen word en die name van die 15 wenners volgende week in Die Hoorn bekend gemaak word.