Die Broers tree op by Garden Route Casino

Die Broers wat Saterdagaand by die Garden Route Casino optree.

AANHANGERS van die talentvolle Afrikaanse trio Die Broers kry Saterdagaand (22 Junie) die geleentheid om hulle by die Garden Route Casino by Mosselbaai te sien optree.

Die drie musikante se lied Huistoe het “Beste Lied van die Jaar” by die jaarlikse Huisgenoot Tempotoekennings gewen, terwyl hul DVD Broers tussen die Sterre benoem is vir die “Beste DVD van die Jaar”.

Dit sal Die Broers se eerste optrede in die Garden Route Casino se luukse Bravo Lounge wees.
Kaartjies kos R150 per persoon en is beskikbaar by Computicket, gardenroutecasino.co.za of by die casino se kontanttoonbank.

Die deure is oop vanaf 18:30 en die vertoning begin om 20:00.
•https://www.tsogosun.com/garden-route-casino/whatson/bravo-lounge/die-broers.