Die Oudtshoorn Munisipaliteit doen tans opgraderingswerk aan die bestaande waterinfrastruktuur van die dorp.
Die opgraderingswerk sluit onder meer die onderhoud en vervanging van beheerkleppe en pypwerk by die Raubenheimerdam in.
Die werk het Maandag afgeskop.
Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het inwoners Maandag versoek om water spaarsaam te gebruik terwyl van die werk aan die gang was, en ’n noodvoorraad water byderhand te hou. Dit het die vervanging van ’n beheerklep ingesluit.
Tydens dié gedeelte van die werk – wat Woensdag reeds afgehandel was – is die dorp van water voorsien uit die dorp se reservoirs.
Volgens Paulse beskik die reservoirs oor genoeg kapasiteit om die dorp vir ’n paar dae van water te voorsien.