Amper weer tyd vir Calitzdorp Winterfees!

Winerfees 2016! Die foto is by Boplaas Familiewingerde geneem. Foto: Schalk le Roux

Winerfees 2016! Die foto is by Boplaas Familiewingerde geneem. Foto: Schalk le Roux

ALLE paaie sal met die langnaweek die einde van volgende week na Calitzdortp lei, waar die jaarlikse Ca­litzdorp Winterfees gaan plaasvind.

Die tema van vanjaar se winterfees in Suid-Afrika se porthoofstad is “Karoo Krismis”. ’n Program gevul met opwindende aktiwiteite vir besoekers van alle ouderdomme, asook lekker kos en voortreflike wyn maak dit ’n fees om nie mis te loop nie.

Enkele hoogtepunte van die fees:
Vrydag, 16 Junie
• Die fees skop om 11:00 af met ’n optog deur die dorp na die Calitzdorp Stasie.
• Kuier elke dag by die Boplaas Familiewingerde vanaf 09:00 tot 15:00 vir die Distillery Lounge.
• ’n Nagmark by die stasie en om 18:00 ’n Krismisete en kabaret daar met Emile Minnie en Hanmari Pretorius.
• Orrelspel van die 60’s en 70’s om 17:30 bied klassieke rock-stukke van Stan Slogrove by die Calitzdorp NG Kerk teen R30 per persoon.
• ’n Middeleuse partytjie by Boplaas (R150 per persoon, ’n verwelkomingsdrankie, tweegangmaal- ­tyd en bottel wyn ingesluit) vanaf 18:30 vir 19:00.
• ’n Kersfees-aandete om 19:00 by Bren­da’s Traditional Kit­chen met Kaaps-Maleise en tradisionele Suid-Afri­kaanse disse. Bespreek by 071 678 4292. (’n Soortgelyke ete word ook Saterdagaand aangebied.)
Saterdag, 17 Junie
• Lewendige musiek, vermaak en stalletjies by die Calitzdorp Stasie. Donkiekar en die Boereorkes tree op.

Ander vermaak by die stasie:
Vanaf 09:00 vind die Klippies ’n 24-uur-veerpyltjie-fondsinsame­lingstoernooi plaas.
’n Optrede deur die Suid-Kaap Koor om 11:00. (ook om 15:00 by die NG Kerk.)
’n Draadkar-kompetisie asook ’n rieldanskompetisie om 13:00.
Musiek van die Kevin Floyd Pro­ject tussen 18:00 en 19:00 asook tussen 20:00 en 21:00.
• De Krans bied musiek en om 11:00 en 15:00 twee biscotti-en-wynproegeleenthede aan, aangebied deur die glanskok Francois Ferreira. Kaartjies kos R80. Bespreek by 044 213 3314/64.
• Liezl van Eeden tree by die Boplaas Bistro op vanaf 11:00 tot 16:00.
• Wees om 18:30 vir 19:00 by die Calitzdorp Wynkelder vir ’n sesgangmaaltyd en wynparing teen R300 per persoon (prys sluit drankies in). Navrae by 044 213 3301 of stuur ’n e-pos aan info@calitzdorpwine.co.za.
• Vir wynparings om 19:00 by The Queen of Calitzdorp kontak 084 397 8287.
• Om 19:00 bied Klokkie Barn ’n langarm-dans aan teen R60 per persoon met versnaperings te koop.
Sondag, 18 Junie
’n Brunch (11:30) by Calitzdorp Kelders teen R150 per persoon (wyn ingesluit). bespreek by Briette (084 583 3642).
• Rig navrae, ook oor besprekings, aan 044 213 3775 of stuur ’n e-pos aan info@calitzdorpwinterfestival.co.za
• Besprekings vir die Calitzdorp MTB Classic 2017 met ’n roete wat onder meer deur Groenfontein kron­kel, kan gedoen word by 082 850 8170.