DIE Atletiek Akademie van Stellenbosch het op 2 Oktober ’n talent identifiseringsprogram op Oudtshoorn gehou, en langafstand-legende Zola Budd Pieterse saamgebring.
Volgens Barend Jordaan, Langenhoven Gimnasium bemarker, het atlete van dié skool die meeste van die program, wat verder in samewerking met Jacques van Rensburg en Elana Meyer aangebied is, gemaak.
In ’n middelafstand-wedloop wat aangebied is het Gimmies se Tyron-Lee Andries die ope seuns-afdeling gewen, met Chanelle en Ané Bester onderskeidelik twee-de en derde in die meisies-afdeling.
Zola draf saam
BO: Die groep Gimmies wat die geleentheid gekry het om saam met langafstandlegende, Zola Budd Pieterse te oefen. Onder: Zola Budd Pieterse saam met Tyron-Lee Andries wat die middelafstand-wedloop gewen het. (Foto’s verskaf)