Potspelkompetisie loop einde se kant toe

Die Wicit Six-span is steeds onoorwonne in die potspel- toernooi. Foto: Garnett Wicomb

DIE span van die Wicit Sportkroeg, Wicit Six, is steeds onoorwonne in die potspeltoernooi wat by die Sky Lounge & Pub aangebied word.

Die span het The Rocks van Rocky Hill Saterdag (9 Oktober) met 24-8 geklop, en die twee spanne pak mekaar komende Saterdag in die eindstryd aan.

Altesaam vyf spanne van agt het vir die kompetisie met prysgeld van R5 000 ingeskryf wat volgens die organiseerders voortaan op ’n gereelde basis aangebied sal word.

Spanne wat belang stel om ook deel te neem kan vir meer inligting Sky Lounge & Pub in St Johnstraat besoek. (Deur Garnett Wicomb)