Parkrun amptelik terug

Yaron Venter. Foto: Garnett Wicomb

ALTESAAM 22 drawwers het Saterdag (9 Oktober) deelgeneem aan die 257ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed – die eerste sedert Maart 2020 toe Covid-maatreëls ingetree het.

Yaron Venter was met ’n vinnige tyd van 20 minute 47 sekondes eerste oor die eindstreep, en Frikkie Cronje tweede in 22:25.

Tarren Jullies het derde in 25:15 geëindig, en Gordon Afrika in die vierde plek met 25:57. Die 12-jarige Richter Scholtz was vyfde en die eerste junior met sy tyd van 26:39.

Die beste tye hierna was dié van Albertus Kennedy (27:03), Henry Carstens (27:21), Abraham Hendricks (27:37), Conrad Jullies (28:13), Yvonne Cronje (30:38), Meggan Jordaan (31:12), Jared Jordaan (31:13), Bart Saaiman (32:09), Frans Joubert (32:43) en Charlene Joubert (33:31).

• Almal is welkom om aan die Oudtshoorn Parkrun deel te neem. Dit is gratis en die wegspringtyd is 07:00 elke Saterdagoggend by Surval, op pad na die Kango Grotte. (Deur Garnett Wicomb)