Oudtshoorniete bult Crossfit-spiere in Gqeberha

Twee atlete van die Crossfit Oudtshoorn “boks”, soos hierdie oefenplekke bekendstaan, het van 8 tot 10 Oktober aan die Fittest in PE-kompetisie in Gqeberha gaan deelneem. Oor die drie dae van kompetisie, was daar sewe uitdagende fiksheid-, krag- en uithouvermoëtoetse waaraan atlete moes deelneem. Corné Hoffman (links) het vyfde in die RX-mans-afdeling geëindig, en Riekie Erasmus vierde in die RX-vrouens-afdeling. (Fotos verskaf)