Vier-en-twintig spanne het op Dinsdag 27 Januarie aan die gewilde WIMPY Doubles-byeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem. Die unieke konsep van die byeenkoms behels dat elke span uit twee lede bestaan: ’n aktiewe tweekamper waar een lid die swem doen en die ander die hardloop-been voltooi.
Hierdie ontwikkelingsbyeenkoms word ondersteun deur DCAS en geborg deur WIMPY, en het weer eens groot opwinding en sterk deelname gelok.
Wenners was as volg:
- Champions – Libby Swanepoel & Misha Meyer
(2145 punte) - Laps & Laces – Alrie Eloff & Lheanè du Plessis
(2125 punte) - Storm Dragons – Jean de Villiers & Daniel Mar-
tin (2120 punte)
Spesiale prestasies: - Beste Swempunt: Lheanè du Plessis – 1080 punte
- Beste Hardlooppunt: Jean Botha – 1110 punte (GRANWILLE GOLIATH)
