Wenners van besigheidskamer-gholfdag

Makka Swart (klubkaptein). Pieter Strauss, Franklin Cupido (Besigheidskamerlid), en Danie van der Berg. Foto: Hannes Visser

Die maandelikse gholfdag wat deur die Oudtshoorn Besigheidskamer aangebied word, het Woensdag 36 spelers in die veld gehad.

Die pryse vir die wenners is ook deur die besigheidskamer geborg. Makka Swart, klubkaptein, het met die aanvang van die prysuitdeling die klub se medelye oorgedra met die afsterwe van die dogter van Paul Stroebel, jarelange bestuurslid van die klub, en gevra vir ’n minuut van stilte.

Die wenners van die dag was Pieter Strauss en Danie van der Berg met 76 punte. In die tweede plek met 72 punte was P du Plessis en CF du Plessis. Die derdeplekwenners was C Hutchings en M Galbraight met 71.