Voorseisoen sokkerwedstryde skop af

Die afgelope naweek het die sokker voorseisoen-program op Lategansvlei begin.
Die jong spelers het die wedstryde wat hulle gespeel het, gate uit geniet.

1FC Union Lategansvlei, Ultimate Stars Development Beaufort-Wes en Alpha FC Oudtshoorn het deelgeneem aan die program. Die Spanne bestaan uit o.11, o.13 en o.17 spelers.