Twee atlete van Oudtshoorn presteer by atletiekbyeenkoms

Van links: Alex van Wyk en Alrie Eloff.

Alex van Wyk en Alrie Eloff het Saterdag, 11 Oktober deelgeneem aan die SA Laser Run Kampioenskappe in Bloemfontein.

Beide het pragtig presteer. Alrie is ingesluit in die SA-span wat aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem 9-14 Desember te Santos, Mosselbaai

Mosselbaai gaan hierdie Desember die Union Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM) 2025 Biathle, Triathle en Laser Run Wêreldkampioenskappe aanbied.

Ouderdomskategorieë sal wissel van o.11 tot 70 jaar en ouer.