Lazer’s bo aan Oudtshoorn domino’s ranglys

Foto: Granwille Goliath

Na 20 wedstryde is Lazer’s bo-aan die punteleer. Sowat 12 klubs het deel geneem aan die Oudtshoorn domino’s.

Lazers het ook so hulle plek in die kwarteindstryd verseker. Die liga het afgeskop op 8 Junie 2025.
Daar het ook al ses ander klubs hulle plekke vir die uitkloppe verseker. Smartie Town Giants beklee tans die 8ste plek op die punteleer. Mighty Warrior is kort op hulle hakke in die 9de plek.

Smartie Town Giants moet net een wedstryd wen om sodoende hulle plek vir die uitkloppe te verseker.
Die domino’s wedstryde vind elke Sondag by die Bridgton Sportgronde plaas. Domino’s het aanvanklik begin as ’n informele bordspeletjie en het daarna so uitgebrei dat dit vandag mense bymekaar bring en klubs gestig is.

Domino’s het ook nou ’n sportkode behaal as ’n inheemse sportsoort.