
Die 44ste Freda Barnard Uitnodigingsgala is van 9 tot 12 Oktober by die NA Smit-swembad in Oudtshoorn gehou. Swemmers van regoor die land het deelgeneem aan die vierdae-gala, wat deur Fish Eagle Aquatics aangebied is.
Fish Eagle Aquatics het die meeste punte behaal terwyl Gqeberha se Bay Eagle Swemklub die Geesbeker ontvang het.
Swemmers wat uitsonderlike prestasies behaal het, sluit in:
Top senior meisie:
Isabeau Coetsee (Fish Eagle Aquatics)
Top junior meisie:
Elke Coetsee (Fish Eagle Aqua- tics)
Top senior seun:
Noah Roman (Alpha Swemklub)
Top junior seun:
Tylan Daniels (Alpha Swemklub)