Vier jong kriekettalente van Laerskool Wesbank het rede om trots te wees nadat hulle in die SWD GB (Badgers)-krieketspanne opgeneem is.
Arjan Blignaut, Stephan Nel, Ziaan Broodryk en Jeandré Alberts sal vanaf 7 tot 9 Desember 2026 die geleentheid kry om hul krieketvernuf op streeksvlak ten toon te stel wanneer die spanne in Oudtshoorn aan wedstryde deelneem.
Die toernooi beloof om vir die jong spelers ’n besondere ervaring te wees, aangesien hulle hul vaardighede teen ander talentvolle krieketspelers kan meet en waardevolle wedstrydervaring opdoen.
’n Spesiale pluimpie gaan aan Stephan Nel, wat die gekry het om as kaptein van een van die spanne op te tree.
Die aanwysing as kaptein is ’n besondere prestasie en getuig van die leierskap en verantwoordelikheid wat in hom raakgesien word.
Die wedstryde sal by Laerskool Wesbank en Laerskool Laurus in Oudtshoorn plaasvind. Dit bied ook aan plaaslike ondersteuners, ouers, familie en vriende die geleentheid om die jong krieketspelers van naderby in aksie te sien.
Die opname van die vier seuns in die SWD Badgers-spanne is ’n groot prestasie en ’n bewys van die harde werk, toewyding en passie wat hulle vir die sport aan die dag lê.
Dit is ook ’n trotse oomblik vir Laerskool Wesbank, hul afrigters, onderwysers en ouers wat ’n belangrike rol in hul sportontwikkeling speel.
Baie geluk aan Arjan, Stephan, Ziaan en Jeandré met hierdie besondere prestasie. Mag julle die geleentheid geniet, met selfvertroue speel en die Wesbank-kleure met trots uitdra.
Die hele Wesbank-gemeenskap staan agter julle. Sterkte met die wedstryde! (GRANWILLE GOLIATH)
Vier Wesbank-krieketseuns in SWD Badgers-spanne opgeneem
Foto verskaf.
Be the first to comment on "Vier Wesbank-krieketseuns in SWD Badgers-spanne opgeneem"