Verlinde wen Parkrun 269

Bert Verlinde. Foto: Garnett Wicomb

SATERDAG (15 Januarie) se 269ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed is gewen deur Bert Verlinde met ’n tyd van 20 minute 10 sekondes.

Francois Verwey (23:13) was tweede en Graeme Philander (23:30) derde.

Tarren Jullies, wat vyfde oor die wenstreep was, was die eerste vrou met haar tyd van 25 minute 22 sekondes. Mathys Myburgh het Saterdag ook die besonderse mylpaal van 50 Parkruns bereik.

Die res van die vinnigste drawwers op die dag, met hul tye, was Jacob James (24:38), André Venter (25:44), Francois le Roux (25:50), Carin Kruger (26:27), Conrad Jullies (27:56), Abraham Hendricks (28:06), Jacques Jacobs (28:17), Mathys Myburgh (29:07), Fanie Olivier (29:54), Johann Coetzer (30:27) en Kruge Roelofze (31:55).

• Die Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend om 07:00 by Surval gehou. Almal is welkom. (Deur Garnett Wicomb)