Coetzee verkies tot Swem SA bestuur

Lluwellyn Coetzee van Oudtshoorn is die afgelope naweek in Johannesburg verkies tot die nasionale bestuur van Swem Suid-Afrika. Coetzee is ook bekend as Oudtshoorn Munisipaliteit se bestuurder van strategiese ­dienste, en is reeds twee jaar lank president van Eden Swem. Hy is tans ook die president van Wes-Kaap Swem. (Foto verskaf)