BESIGHEDE op Oudtshoorn sal weer binnekort op Woensdae kan kompeteer en terselfdetyd netwerk wanneer die Oudtshoorn Rolbalklub vanaf 16 Februarie, oor ses weke, weer ’n besigheidsliga aanbied in samewerking met Alert Patrol.
Die klub se bestuur nooi besighede op die dorp uit om spanne van vier in te skryf, teen R1 000 per inskrywing.
Wedstryde sal elke Woensdag van 16 Februarie tot 23 Maart gespeel word op die plaaslike rolbalbaan. Soos oudergewoonte sal daar pryse aan die einde van die liga uitgedeel word.
Vir navrae kontak Hendrik De Jager by 082 418 7009 of Gerhardus Delport by 064 493 7183, of stuur ’n e-pos na oudtshoornbowls@gmail.com.
Rolbalklub bied weer liga aan
