Van Tonder wen Parkrun

Regs: Tarren Jullies op dreef. Foto: Garnett Wicomb

WILLIAM VAN TONDER (17) was Saterdag (4 Junie) weer die vinnigste deelnemer aan die weeklikse Oudtshoorn Parkrun wat by Surval Olyflandgoed oor 5 km net buite die dorp aangebied word.

Heinrich Boje was tweede met Tarren Jullies in die derde plek.

Tarren was ook die wenner onder die vroue.

Die voorste drawwers van Saterdag se 33 deelnemers was Van Tonder (20:28), Boje (22:35), Jullies (24:38), Phillip du Plessis (26:53), Johann Coetzer (26:57), Francois le Roux (27:14), Abraham Hendricks (27:57), Fanie Olivier (28:42), Jolandi Blom (31:39), Anne­marie le Roux (31:41), Kerneels Barnardo (32:42), Henry Car­stens (33:25), Sylvia le Roux (36:12), Zandile Ndlangalavu (37:41), Lampies Lamprecht (39:00), Pieter Keller (40:10), Ilindi Weyers (42:18), Veria Weyers (42:19), Cornelia Oli­vier (43:32) en Irma Stephens (45:37). (Deur Garnett Wicomb)