Wedvlugduiwe van Cobus van der Merwe het Saterdag die eerste ses plekke losgevlieg in die Klein Karoo Posduifklub se wedvlug vir jaaroudduiwe vanaf Britstown.
Die volledige uitslae vir jaaroudduiwe is:
Cobus van der Merwe – 1,2, 3, 4, 5 en 6; Dirk Greeff – 7, 12, 13, 15, 19 en 20; George Erasmus – 8, 10, 11, 14 en 16; Klein Karoo Lofts – 9; Hannes Smit – 17; en Otto Lofts: 18.
Uitslae van die ope-afdeling:
Klein Karoo Lofts – 1 en 19; Dirk Greeff – 2, 8, 14, 15 en 17; Cobus van der Merwe – 3, 7, 10, 11, 13 en 20; George Erasmus – 4, 5, en 6; en Otto Lofts – 9, 12, 16 en 18.