Uitslae van Parkrun

Deur Garnett Wicomb
BERT Verlinde en Tarren Jullies was verlede Saterdag die wenners van die 181ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed.

Dit was Verlinde se derde Parkrun en sy wentyd was ’n vinnige 19 min 12 sek.

Jullies, wat algeheel elfde by die eindstreep was, se tyd was 25:56.

Altesame 117 drawwers en stappers het Saterdag vir die eerste somer-Parkrun aangetree.

Thys Jamneck was tweede (21:44), gevolg deur Newald Groenewald (22:27), Joaehny Campher 23:59, Henry Carstens (23:58),

Marius du Plessis (24:11), Francois le Roux (24: 39), Craig Nurden (25:-32) en Christo Theart (25:43).

• Almal is welkom om aan die Parkrun te kom deelneem. Die wegspringtyd is sedert Saterdag nou 07:00.