Laaste ren in 2018 op Oudtshoorn

Die renmotors en drywers voor die renne begin langs die baan.  Foto: Angelique Erasmus

Die renmotor waarin Henties de Villiers gejaag het

Deur Angelique Erasmus
Altesame 47 renmotors het ingeskryf vir 2018 se laaste Oudtshoorn Ovaalbaanren met sowat 450 toe­skouers wat kom kyk het.

Die baan, wat natter was, het gesorg vir ’n paar noue ontkomings en hope opwinding veroorsaak.

Henties de Villiers het met sy broer, Hendrickus Botha, se renmotor aan die hotrods-afdeling deelgeneem.

De Villiers, wat agt jaar laas gejaag het, het glad nie verroes voorgekom nie, en het goed gevaar in al vier rondes. In die 2de uitdun het ’n ander jaer in hom vasgery en sy wiel beskadig. Dié wiel het in die 3de uitdun heeltemal afgebreek. Dit het hom egter nie verhinder om in die laaste ronde die tweede plek te behaal nie.

Die volgende wedren is op Saterdag, 27 Oktober, op George.

Dirk van der Westduizen, voorsitter van die Oudtshoorn Motorklub, het tydens die prysuideling al die drywers bedank vir hul deelname gedurende 2018. “Vanjaar was ’n baie goeie jaar vir die klub,” het hy gesê.