Rozanne en Jacques Theart van Oudtshoorn wat die naweek aan die Bushy Parkrun in Londen deelgeneem het. (Foto verskaf.)
“DIT was ’n wonderlike ervaring,” sê Rozanne Theart van haar en haar man, Jacques, se Parkrun Saterdag (13 Julie) in Londen.
Dié twee Oudtshoorniete het Saterdag aan die Bushy Parkrun in Londen deelgeneem – die plek waar die eerste Parkrun in Oktober 2004 plaasgevind het.
Dié venue was boonop die tiende plek waar die egpaar al aan ’n Parkrun deelgeneem het.
Die ander nege plekke waar hulle al Parkruns gedoen het, is Oudtshoorn, Hartenbos, Knysna, Prins Albert, Wolesley, Bellville, Paarl, Fransch-hoek en Wellington.
Hulle was Saterdag 436ste en 437ste in 25 min 15 sek. Altesame 1261 mense het deelgeneem.