Lampies Lamprecht wat sy 100ste Park-run voltooi het.

Bianca van der Westhuizen.
Deur Garnett Wicomb
“’N VIERTAL ongeregi-streerde hardlopers, almal soldate verbonde aan die Infanterieskool op Oudts-hoorn, was Saterdag onder die eerste deelnemers wat die 221ste Oudtshoorn Parkrun by Surval voltooi het.
Bianca van der Westhuizen wat vyfde by die eindpunt was, was weer die eerste vrou in ’n tyd van 23 min 24 sek. Tarren Jullies (24:58) was die tweede vrou.
Newald Groenewald (23:25) was die eerste geregistreerde man gevolg deur Deon van der Walt (23:48) en Hans Lareman (23:51).
Die 14-jarige Eldine Natalie Salie (26:56) was die eerste junior.
Oudtshoorn se bekende veteraan-atleet, Lampies Lamprecht, het Saterdag sy 100ste Parkrun voltooi.
Altesame 98 drawwers en stappers het deelgeneem.
Die ander goeie tye van die geregistreerde deelnemers is as volg:
Francois le Roux (24:48), Jacques Jacobs (24:48), Conrad Jullies (26:07), Pierre van Rooy (26:41), Bart Saaiman (26:44), Henry Carstens (26:45), Edward Salies (26:58).
Die Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend by die Surval Olyflandgoed aangebied en deelname is gratis. Die wegspringtyd in die winter is 08:00 en in die somer ’n uur vroeër.
Almal is welkom om te kom deelneem.