Swigelaar en Capel wen

Deur Ben du Preez
DIE stablefordgholfdag Saterdag van die Oudtshoorn Golfklub is gewen deur Colin Swigelaar en Billy Capel met ’n telling van 74 punte.

Llewellyn Rheeder en Rudy Mortlock (70) was tweede, gevolg deur Jaco Mortlock en Emile Schaub (68), Higgo Jacobs en Chris Serfontein (68), en Louis Fourie sr en Louis Fourie jr (65).

Swigelaar het met 12 punte ook die boerpot gewen.
Fourie jr het ’n spogtwee op die agtste putjie geslaan.
• Woensdag, 8 Februarie, se individuele stableford is deur Etienne Roos (39) gewen met Louis Slabbert (38) tweede gevolg deur Pietjie Mooney, Fanie Greeff en Annaline Badenhorst, al drie met 36.

Mooney, Badenhorst, Jean Neethling en Celeste Barnard het die boerpot gedeel. Chris Groenewald was naaste aan die pen op die 3de en Roos op die 18de. AO Theunissen, André van Greunen en Terry van Coller het spogtwees op die 12de geslaan.