Die 45ste Freda Barnard Swemgala vind vanaf 1 tot 4 Oktober 2026 plaas by die N.A. Smit- swembad en beloof om ’n groot hoogtepunt op die plaaslike swemkalender te wees, met 36 klubs en altesaam 520 swemmers wat vanjaar gaan deelneem.
Die gala is een van die streek se mees gevestigde swemkompetisies en lok jaarliks ta-lentvolle atlete uit verskeie dele van die provinsie.
Oudtshoorn sal met trots deur vyf swemmers verteenwoordig word wat gereed is om hul beste te lewer teen sterk mededinging.
Hierdie jong swemmers het hard geoefen in aanloop tot die byeenkoms en sien uit daarna om hul vaardighede in die swembad te toets.
Die Freda Barnard Gala bied nie net ’n platform vir kompetisie nie, maar ook waardevolle ervaring vir opkomende swemtalent.
Oudtshoorn se swemmers hoop om hul dorp trots te maak en sterk vertonings te lewer by hierdie gesogte geleentheid. (GRANWILLE GOLIATH)
