Sweet, stof en uitdagings in die Klein Karoo Dust 4 Glory

Foto verskaf

Die sesde Klein Karoo Dust 4 Glory het onlangs by Wilgewandel Vakansieplaas plaasgevind en atlete van regoor die land gelok. Meer as 400 deelnemers het aan die uitdagende hindernisbaan deelgeneem, wat onder meer kruip onder nette, swaai oor waterhindernisse en spring oor mure ingesluit het.

Agter die sukses van die dag staan Pienaar Muller, stigter van Dust 4 Glory, en Juan Botes van Chaingang Events. Volgens hulle groei die geleentheid jaarliks, en bring dit nie net die deelnemers terug nie, maar ook hul families en ondersteuners.

Muller bedank ook graag al die borge wat die dag moontlik gemaak het. Die volgende Dust 4 Glory uitdaging is reeds vasgestel vir 17 Oktober 2026. 2025 se wenners is aangekondig:

D4G Pro Mans:
1. Tom Liebenberg
2. Daniel Hughes
3. Juan-Dre du Plooy

D4G Pro Vrouens:
1. Angi Connoway
2. Nathaline Smith
3. Chane Spangenberg

D4G Medium Mans:
1. Matthew Olivier
2. Ethan Voight
3. Jacques Smith

D4G Medium Vrouens:
1. Chantell van der Nest
2. Stephanie Griffiths
3. Sjanrie Hendrikz