Glenton Stuurman.
Deur Wyndham Ewerts
DIE SWD-krieketspan se vriendskaplike driedagwedstryd teen die OP het gister (Woensdag) op die Rec afgeskop.
’n Ou bekende van Oudtshoorn, Glenton Stuurman, is ook in aksie teen sy voormalige SWD-spanmaats. Dié snelbouler het aan die einde van verlede jaar na Port Elizabeth verhuis om by OP aan te sluit.
SWD-afrigter Baakier Abrahams, sê die doelwit met die wedstryd teen die OP is om spelers die kans te gee om wedstrydblootstelling te kry en hulle voor te berei vir die seisoen wat voorlê.
SWD se amptelike openingswedstryd vir die meerdaagse seisoen is op 25 Oktober teen Boland. Die wedstryd sal in die Paarl beslis word.