Barnard maak stem

Deur Higgo Jacobs
Deon Barnard het Saterdag die individuele stablefordgholfdag by die Oudts- hoorn Gholfklub met ’n telling van 36 punte gewen.

Ben van Wyk, ook met 36 punte, was op ’n uittel tweede.

Paul Stroebel (35 punte) was derde en Danie Terblanche en Deon van Wyk, albei met 34 punte, was op ’n uittel onderskeidelik vierde en vyfde.

Kobus Griebenouw het die boerpot gewen.

Van Wyk het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en die balletjie op dieselfde putjie ingerol vir ’n spogtwee. Chris

van Zyl het op die 15de ’n spogtwee geslaan.