Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se individuele stablefordgholfdag Saterdag is gemaklik deur Pieter Strauss gewen met ’n bruto-telling van 72 houe vir 47 punte.
Chris Odendaal was tweede met 44 punte en Anneline Badenhorst derde met 38 punte. Ian Laubscher met 37 punte was vierde en Francois Brill, ook met 37, was op ’n uittel vyfde.
Die boerpot is gedeel deur Strauss, Odendaal en Louis Fourie sr.
Strauss het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan en die balletjie hier ingerol vir ’n spogtwee. Odendaal het ook ’n spogtwee op die derde geslaan en Pieter Pretorius op die agtste.