Angelo Kriger (links) ontvang die trofee vir die 2019 SA Vlootgholfkampioen Donderdagaand van kapt Olese Gasewene. Die SA Vlootgholfkampioenskap het verlede week van Maandag tot Donderdag op Oudtshoorn se gholfbaan plaasgevind met sowat 40 spelers wat meegeding het. Kriger het oor vier dae ’n goeie brutotelling van 331 houe behaal. Sy tellings oor die vier dae was 80, 85, 81 en 85. Foto: Higgo Jacobs