Francois Davids (links) adjunk-president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU), saam met (van naaslinks) Hennie Baartman, hoof van Eljada-Kairos, Rassie Erasmus, Springbokafrigter, en Willem Oliphant, ook van SARU, Saterdagaand tydens Eljada-Kairos se manne-aand.
DIE Springbokafrigter Rassie Erasmus was die eregas tydens Saterdagaand se manne-aand van die Eljada Kairos Skool vir leerders met spesiale behoeftes.
Die doel van die manne-aand wat deur die skool georganiseer is, was om fondse in te samel wat aangewend sal word vir die skool se leerders en spesifiek vir die gestremde sportpresteerders wat al provinsiale en nasionale kleure verwerf het in sportsoorte soos onder meer atletiek, netbal, sokker en krieket.
Erasmus en sy bestuurspan was die eregaste die aand en het op informele en insiggewende wyse vrae uit die gehoor beantwoord.
Volgens Elzette Oosthuizen, waarnemende adjunkhoof van die skool, was dit ’n genotvolle en baie geslaagde aand en word al die borge en ondersteuners bedank.