Die Oudtshoorn jukskeiklub wat ’n jaar gelede gestig is, het die afgelope naweek 24 spanne van so ver as Despatch, Nelson Mandela-baai, Jansenville en Gansbaai by hulle opedag gehad.
Spel het reeds Vrydag 15 Augustus begin en is betyds vir die groot rugby en die boeremusiekaand op Saterdag 16 Augustus afgesluit. Die oudste speler in die klub is in die tagtigs en die jongste speler is die sewejarige Ivanna Ellis.
Die spelers van Oudtshoorn het in die A-afdeling en in die C-afdeling derdeplekke behaal teen klubs wat reeds jarelank bestaan. (HANNES VISSER)

Een van die jukskeispelers tydens die opedag. Foto verskaf.