Rugby-aksie op die Plate

Die Bridgton Sportgronde, bekend as die Plate, was vandeesweek ’n miernes van bedrywigheid met rugbywedstryde wat op Donderdag (16 Junie) en Saterdag (18 Junie) gespeel is. Die Bridgton Rugbyklub (foto bo) se A-, B- en C-spanne het Donderdag te staan gekom teen die Maori’s van George. Bridgton se A-span het 28-18 seëvier, die B-span 29-10 en die C-span 3-0 vir ’n skoonskip-oorwinning. Saterdag se wedstryd het net soveel opwinding veroorsaak (foto onder). Adias Rugbyklub en Oudtshoorn Rugbyklub se A-spanne het mekaar aangepak, met Adias wat 15-13 seëvier het nadat Oudtshoorn halftyd voorgeloop het. Foto’s: Ebenezer Titus

Be the first to comment on "Rugby-aksie op die Plate"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*