Nuutgestigte Black Joint-buurtwag op Oudtshoorn vier Jeugdag saam met kinders van die gemeenskap

Die nuutgestigte Black Joint-buurtwag op Oudtshoorn het Donderdag (16 Junie) Jeugdag gevier met die kinders van die gemeenskap. Die oggend het afgeskop met ’n massapatrollie deur die gemeenskap se strate, en die kinders is die dag besig gehou met praatjies oor die jeug, hul regte, en hul toekoms. Laatmiddag is daar speletjies gespeel op die sportveld agter die Laerskool Bongolethu. Hier is die buurtwag en ’n verteenwoordiger van die Oudtshoorn Polisie saam met kinders wat pryse gewen het nadat hulle aandagtig geluister het na die sprekers en vrae reg beantwoord het. Foto: Stefan Skapie Goosen

Be the first to comment on "Nuutgestigte Black Joint-buurtwag op Oudtshoorn vier Jeugdag saam met kinders van die gemeenskap"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*