Skole-rugby

Sedert Donderdag (16 Junie) was Oudtshoorn ’n groot lokpunt vir rugbyliefhebbers van hier en elders – betyds vir die Oudtshoorn Sportfees. Die aksie het Donderdag en Vrydag (16 en 17 Junie) op die Hoërskool Oudtshoorn se sportvelde afgeskop met die Suidelike Kustoernooi tussen SWD, OP en Boland as voorbereiding vir Cravenweek. In Donderdag se hoofwedstryd het die SWD o.18 Cravenweekspan (in wit) die OP-span (in rooi en swart) ore aangesit en 42-24 gewen. Foto’s: Stefan Skapie Goosen

Ander tellings van die Kustoernooi soos volg:

Donderdag

A-veld:

SWD o.16 Grant Khomo-span vs OP o.16 Grant Khomo-span: 14-17

SWD o.18 Akademie-span vs Boland o.18 Akademie-span: 10-45 (foto’s met SWD in wit en groen truie, en Boland in bruin en goud truie)

SWD o.18 Cravenweek-span vs OP o.18 Cravenweek-span: 42-24 (foto’s met SWD in wit truie en OP in swart en rooi truie)

B-veld:

Boland o.18 Cravenweek-span vs OP o.18 Akademie-span: 36-10

OP o.16 Grant Khomo XV-span vs Boland o.16 Grant Khomo-span: 0-77

Vrydag

A-veld:

OP o.16 Grant Khomo-span vs Boland o.16 Grant Khomo-span: 10-26

SWD o.18 Akademie-span vs OP o.18 Cravenweek-span: 41-47

SWD o.18 Cravenweek-span vs Boland o.18 Cravenweek-span: 29-19

B-veld:

SWD o.16 Grant Khomo-span vs OP o.16 Grant Khomo-span: 38-7

Boland o.18 Akademie-span vs OP o.18 Akademie-span: 29-34

* Die o.13-spanne het op die velde van Langenhoven Gimnasium koppe gestamp.