Deur Garnett Wicomb
DIE veteraansoldaat Patrick Peters (21:24) van die Infanterieskool Atletiekklub het verlede Saterdag stof geskop in die oë van die 107 deelnemers aan die 235ste Oudtshoorn Parkrun by Surval, terwyl Bianca van der Westhuizen (23:05) die vinnigste vrou was.
Jaco Pretorius (14) was in ’n tyd van 22:19 die vinnigste junior.
Ander voorlopers was Christo Niemand (21:32), Newald Groenewald (23:- 39), Deon van der Walt (24:31), Nathan Gray (24:48), Hans Lareman (25:18), Mathys Myburgh (25:34) en Albertus Kennedy (25:53).