Die krieketspelers van Langenhoven Gimnasium wat vir SWD-krieketspanne gekies is, is van links Jedhli van Briesies, Lleyton Avontuur en Johann Muller wat vir die o.19-span gekies is, en Francois Beets wat vir die o.17-span gekies is. Foto’s: Angelique Erasmus
Deur Schalk le Roux
KRIEKETSPELERS van die Groter Oudtshoorn se skole is goed verteenwoordig in SWD-spanne wat in Desember gaan deelneem aan Krieket Suid-Afrika se nasionale skolekrieketweke vir die onderskeie ouderdomsgroepe.
Die plaaslike spelers wat vir die SWD o.19-seunspan vir die Coca Cola Khaya Majola Nasionale Krie-ketweek van 16 tot 20 December in Pietermaritzburg gekies is, is Jedhli van Briesies, Lleyton Avontuur en Johann Muller, al drie van Langenhoven Gimnasium, Reagan Rhoode en Joviano Tock, albei van Bridgton Senior Sekondêr, Jaydin Louw van die Hoërskool Oudtshoorn, Tyrece Karelse van die Hoërskool Protea en Ayabonga Ngondo van Fezekile Sekondêr.
Francois Beets van Langenhoven Gimnasium en Enzo Jafta van Bridgton Sekondêr) is gekies vir die SWD o.17-span wat van 11 tot 15 Desember aan die Momentum Krieketweek in Port Elizabeth gaan deelneem.
Ziano Lewis (Auriel College) en Thurston Murphy (Bridgton Sekon-dêr) is gekies vir die o.15-span wat van 5 tot 9 Desember aan die Momentum Krieketweek in Oos-Londen gaan deelneem.
Die plaaslike o.13-spelers wat vir die SWD-span gekies is wat aan die Momentum Krieketweek van 7 tot 11 in Pretoria gaan deelneem, is Corné Kennedy (Wesbank), Cameron Avontuur (Van Reede), Nicholas Duvenage – kaptein (Laerskool Wesbank), Sherwin Plaatjies (Bergsig), Josh Karelse (Laurus) en Juvandre Alex.

Spelers van Bridgton Sekondêr wat vir SWD-skolespanne vir Desember se krieketweke gekies is, is van links Thurston Murphy (o.15), Enzo Jafta (o.17), Joviano Tock (o.19) en Reagan Rhoode (o.19).


Ziano Lewis (bo) van Aurial College wat vir die SWD o.15-span gekies is, Ayabonga Ngondo (regs, onder) van Fezekile Sekondêr wat vir die SWD o.19-span gekies, en Jaydon Louw (heel regs, onder) van die Hoërskool Oudtshoorn, wat ook vir die o.19-span gekies is .


Leerders van die Groter Oudtshoorn wat die SWD o.13-span vir Desember se nasionale o.13-krieketweek gehaal het, is op foto bo van links Corné Kennedy en Nicholas Duvenage (kaptein) van die Laerskool Wesbank, Sherwin Plaatjies van Bergsig Primêr en Cameron Avontuur van die Laerskool van Reede, en foto heelonder Josh Karelse en Juvandré Alexander van die Laerskool Laurus.

