Pare Toernooi by Oudtshoorn Rolbalklub

Op die foto van links is Lawton Truter (Johnson’s Bricks), Tazz Bright, Mark Douglas, Deon Nel, Jason Kennedy, Linston Manuels, Gavie du Toit en Rudi Venter (President Oudtshoorn Rolbalklub). Foto: Verskaf

DIE Johnson’s Bricks Pare Toernooi het verlede Vrydag en Saterdag by die Oudtshoorn Rolbalklub plaasgevind.

Mark Douglas se span het in die eerste plek geëindig terwyl Deon Nel se span tweede was en Gaffie du Toit s’n derde.

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het ook as ’n borg van die toernooi opgetree waaroor die Oudtshoorn Rolblaklub hul dank uitspreek. (Deur Lindi Brill)