Oudtshoorn se nuwe tartanbaan geopen

Die burgemeester van Oudtshoorn, Chris Macpherson, het die tartan- baan geopen saam met Johanna Adams (85), die oudste atleet wat deelgeneem het aan die ‘Golden Games’ vir ouer atlete. Foto: Lindi Brill

DIE nuwe tartanbaan by die De Jager Sportsentrum in Oudtshoorn is Vrydag, 13 Oktober deur die burgemeester, Chris Macpherson geopen.

Die baan is ingewy deur die “Golden Games” vir ouer persone wat dieselfde dag plaasgevind het. Johanna Adams (85), die oudste deelnemer, het die lint geknip.

Die opgradering en herstelwerk het in April vanjaar begin. Dit is verwelkom deur die dorp en streek se atletiekgemeenskap omdat distriks- en provinsiale atletiek- en tweekampbyeenkomste gereeld hier gehou word. (Deur Lindi Brill)