LEON Marais was Saterdag die wenner van die 357ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 21 minute 8 sekondes.
Twee juniors, Stiaan van Wyk en Logan Ellis, was onderskeidelik tweede en derde terwyl Coeleen Beukes die eerste vrou by die eindpunt was.
Die voorste drawwers van die dag se 49 deelnemers was Leon Marais (21:08), Stiaan van Wyk (21:22), Logan Ellis (23:45), Jacques Jacobs (23:50), Mzwamajama Pakade (24:21), Coeleen Beukes (24:35), Heinrich Boje (24:35), Nina Cloete (25:40), Johann Coetzer (27:01), Christo Niemand (27:53), Alexander van Wyk (28:07), Albertus Kennedy (28:23), Johann Botha (28:36), Marinda Botha (28:37), Jaco Pietersen (28:38), Janne Botha (29:17), Kruge Roeloffze (30:32), Melanie Fourie (30:43), Frans Joubert (32:29) en Lluwellyn Coetzee (34:58). (Deur Garnett Wicomb)
Langnaweek se Parkrun-uitslae
Leon Marais (links) was die eerste atleet oor die wenstreep by verlede Saterdag se Parkrun. Stiaan van Wyk (regs) het die tweede plek opgeraap. Foto's: GARNETT WICOMB