Kamergholfdag lok 50 spelers

Die besigheidskamergholfdag is gewen deur Gary Hutchings (links) en Piet Swanepoel (afwesig). William Philippus (middel) en André Plaatjies was die naaswenners.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se eerste gholfdag vanjaar op Woensdag, 6 Februarie, is deur Gary Hutchings en Piet Swanepoel was Woensdag, 6 Februarie, met ’n telling van 46 punte gewen.

Sowat 50 spelers het aan die 4BBB-stableford deelgeneem.

William Philippus en André Plaatjies was tweede met 45 punte. Hierna het gevolg Bennie van Zyl en Dwayne Venter (44), Chris van Zyl en Dirk Kuhn (42) en Pieter van Greunen en Gideon Badenhorst (41).

Die dag het ’n kolhou opge-lewer toe Celeste Barnard haar heel eerste kolhou op die 15de putjie geslaan het. Volgens die beskikbare inligting is sy slegs die derde vrou in die geskiedenis van die Oudtshoorn Gholfklub wat met ’n kolhou dié baan spog.

Plaatjies het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Lollies van Rensburg op die 8ste en Van Greunen op die 12de. Leonie van Greunen het op die 6de putjie die langste dryf deur ’n vrou geslaan en Salie Oosthuizen op die 7de die langste dryf deur ’n man.