Theunis Kruger, voorsitter van die Wesbank Tennisklub.
Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
DIE Wesbank Tennisklub het sy bestuur op sy algemene jaarvergadering eenparig herkies met een toevoeging.
Alet Koch is as nuwe bykomende lid verkies.
Theunis Kruger is weer tot voorsitter verkies met Ernst Kok as vise-voorsitter.
Die res van die bestuur vir 2019/20 is Susan Botha (sekretaresse), Theunis Kruger (kassier), Jacques de Beer, Hanlé Kok, Rida Bester, Dirk Potgieter en Cilliers Petzer.
Goeie nuus vir lede van die klub is dat die jaarfooie en sosiale speelfooie nie verhoog is nie. Spelers bo 70 jaar betaal die helfte van die jaarfooie.
Kruger het in sy jaarverslag sy dank teenoor bestuurslede en aktiewe lede uitgespreek en ’n pleidooi gelewer dat meer lede deelneem aan sosiale tennis op Woensdae en Saterdae.
Die klub se kermis om addisionele fondse in te samel was weer ’n groot sukses en sal weer vanjaar gehou word.
Die klubkampioenskap vind gedurende Mei en Junie plaas.
Enigeen is welkom om by die klub aan te sluit terwyl besoekers ook welkom is om teen ’n tarief van die klub se bane gebruik te maak.
Belangstellendes kan die voorsitter by 083 731 6350 of die sekretaresse by 0835005900 kontak.