DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Saterdag (24 Oktober) vanaf Britstown in die Noord-Kaap gevlieg.
Jurie Geldenhuys van OPK se duiwe het in beide sy klub se vlugte eerste ingeklok. Cobus van der Merwe en George Erasmus van KKPK se duiwe het onderskeidelik in hul klub se vlugte eerste tuisgekom.
OPK Ope-afdeling wedvlug 31 se uitslae is: Geldenhuys – 1, 2, 6 en 11; Johan de Jager – 3, 5, 7, 9 en 10; Ockie@Abe – 4 en 8.
OPK Ope-afdeling wedvlug 32 se uitslae is: Geldenhuys – 1, 2 en 10; Ockie@Abe – 3, 5, 6 en 7; De Jager – 4, 8 en 9.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 31 se uitslae is: Van der Merwe – 1, 2, 6, 9, 13, 15, 16 en 17; Erasmus – 3, 4, 5, 10, 11, 14, 18 en 19; Tobie Ellis – 7, 8, 12 en 20.
KKPK Ope-afdeling wedvlug 32 se uitslae is: Erasmus – 1, 3, 4, 6, 9, 10, 12, 14, 16 en 17; Van der Merwe – 2, 5, 8, 11, 13 en 15; Ellis – 7, 18, 19 en 20.