Jong talent skitter by Erfenisdag Sokker-toernooi

Foto verskaf

Die 3de jaarlikse Erfenisdag Sokker-toernooi het vanjaar met groot sukses by die Infanterieskool se sportgronde plaasgevind, waar spanne in verskillende ouderdomsgroepe mekaar die stryd aangesê het. Die toernooi het nie net opwindende sokker opgelewer nie, maar ook die gemeenskap se sportgees en samehorigheid gevier.

In die vroue-afdeling het Ladies FC geskitter en die gesogte DH Wisseltrofee vir 2026 ingepalm. Minenetle Tantsi was die uitstaande speler en is as topdoelskieter aangewys nadat sy twee doele aangeteken het om haar span tot ’n 2–0 oorwinning teen Young Stars FC te lei. Anele Mngadi is aangewys as die kaptein van die toernooi vir haar leierskap op en van die veld.

In die o. 11-afdeling het Young Stars FC die goue DH trofee verower nadat hulle Alpha FC ODN met 1–0 geklop het in ’n spannende eindstryd. Alpha FC moes tevrede wees met die silwer trofee vir hul tweede plek.

Die o. 15-afdeling is oorheers deur Dyla Boys FC, wat ’n indrukwekkende 6–0 oorwinning oor Arsenal FC in die eindstryd behaal het om die goue trofee te wen. Arsenal FC het die silwermedaljes ontvang as naaswenners.

In die o. 17-afdeling het die kompetisie tot die laaste oomblik gespook. Dyla Boys FC het uiteindelik die goue Blue Ribbon-trofee gewen nadat hulle De Rustica FC met 4–2 in ’n strafskopstryd geklop het. De Rustica FC is met die silwermedaljes bekroon. ’n Speler van De Rustica FC is ook aangewys as die Speler van die Toernooi vir sy uitstaande vertoning.

Die toernooi se beste doelwagter was Hamilton Oosthuizen van Dyla Boys FC o. 15, wat met uitstekende reddings sy span gehelp het om hul titel te verseker.

Die Erfenisdag-toernooi bly ’n hoogtepunt op die plaaslike sportkalender en bied ’n platform vir jong talent om hul vaardighede te wys en te ontwikkel. (GRANWILLE GOLIATH)

Be the first to comment on "Jong talent skitter by Erfenisdag Sokker-toernooi"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*