Deur Higgo Jacobs
’N DUIF van J en Z Hokke het Saterdag die ope-afdeling van die Oudtshoorn Duiweklub se wedvlug vanaf Victoria-Wes gewen.
Duiwe van Night Drops was op hul beurt eerste en tweede in die vlug vir jaaroudduiwe.
Die volledige uitslae in die ope-afdeling is:
J en Z Hokke – 1, 13, 16 en 17; Lipstick Hokke – 2, 3, 7, 18, 19 en 20; Thysses – 4, 5, 8, 9, 10, 11, 14 en 15; en Night Drops – 6 en 12.
Die uitslae vir jaaroudduiwe is:
Night Drops – 1, 2, 4, 6, 8 en 17; Thysses – 3, 15 en 16; Kobus Barkhuizen – 5, 11, 18 en 19; Lipstick Hokke – 7, 9, 10 en 12; en J en Z Hokke – 13, 14 en 20.